jump to navigation

Vet is ‘n gewigtige saak. Julie 16, 2008

Posted by Blogkies in Uncategorized.
add a comment

Geinspireer deur Casper De Vries

Ek kan jou eerlikwaar sê dat ek nooit regtig vet of oorgewig was as kind nie . Selfs na skool in my Polisiekollege dae in Pretoria wes, en die res van my twintigerjare was my gewig lekker konstant en normaal. Die vet het my ingehaal toe ek die 30 ouderdomsmerk oorgesteek het. Vet weet !!. 

 

Soos Casper in sy 1999 show, Toet & Taal,  gevra het: “Hoekom is dit was sleg is, goed vir ‘n mens, en hoekom is dit wat lekker is, sleg vir ‘n mens?” Dink net hoe blakend gesond ons almal sou wees as sjokolade, pizzas, chips en bier goed vir jou gestel was. Maar nou moet mens jou inhou met ‘n beteuterde slaaiblaar en ‘n skyfie tamatie. Dink net hoe wonderlik dit sou gewees het as jou ma jou gedwing om eers jou wyn te drink en roomys te eet voor jy skool toe kon gaan!

Maar om goed te lyk moet jy harde bene kou. Nie hamburgers nie.

Ek praat baie met ander mense oor gewig in die algemeen – seker maar omdat dit my ongelukkig maak om so vet te wees. Toe ek in 2001 ‘n daadwerklike poging aangewend het om gewig te verloor, het 28 kg van my af weggesmelt en het ek soos ’n jong Leonardo De Caprio gelyk. 
Hier vanaf 2002 rond het my eetgewoontes ‘n serious dip gevat en het ek myself weer teruggevreet tot waar my gewig voorheen was en selfs nog verder. 

   

Wat ek egter wil sê is dat dit nie lekker is om vet te wees nie !! regtig dis ‘n moerse straf !!      

Die probleem is mense het ‘n persepsie oor vet mense wat my baie hartseer maak, Kyk nou maar as jy bvoorbeeld gaan vir ‘n werks onderhoud en die “f****r” sien jou die eerste keer kan jy duidelik op sy/haar gesig sien wat daar gedink word,

 “Ek soek nie die vettie om vir my te werk nie, wat van my maatskappy se immage?”

Ek sê jou ek het so 1 jaar en 7 maande terug van werk verander (en gelukkig toe weer 7 maande terug) en dit was ‘n moerse gesukkel om die nuwe werkgewer te orreed ek is die regte persoon vir die werk en ek het na die tyd by my “refferences” gehoor hy het hulle almal gevra of my gewig my werk beinvloed?
Nog ‘n ding is ek wil nou net weet by die “maaries” wat is nou eintlik so “f****n” snaaks aan ‘n vet ou ??
 
Jy weet ek en vrou (sy is plankdun weeg skaars meer as 50kg) stap op Margate se strand verby die Wimpy, dat die mense eintlik hulle vurke en messe neersit met oop monde soos hulle vir ons kyk,

En hoekom lag julle vir vet mense watter deel van die vet is snaaks? as iemand my net dit kan verduidelik dan sal ek volgende keer verstaan hoekom mense lag as hulle na my kyk.
Miskien moet ek ook begin met komedie soos Casper De Vries want ek is “f*kk*n” snaaks nog voor ek begin praat blykbaar !!

En natuurlik my aggresiewe dog liefdevolle ou vroutjie k*k al wat ‘n vreemdeling uit in ‘n restaurant en winkel, wat my eintlik skaam maak maar sy wil ook maar wys sy gee om vir my en probeer op die manier my gevoelens spaar. (mense het al na haar toe gekom en om verskoning gevra omdat hulle so staar)
So as iemand my kan help met al die vrae laat weet asb.
Groete